Gaan na inhoud

Torpedinidae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Torpedinidae
T. torpedo
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Torpedinidae

Bonaparte, 1838
Genus:
Torpedo

Houttuyn, 1764
Tipespesie
Raja torpedo
Linnaeus, 1758

Die Drilvisse (Torpedinidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Torpediniformes. Daar is slegs een genus met sewentien spesies wat hoort tot dié familie en drie van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

[wysig | wysig bron]

Die familie se kop, lyf en pektorale vinne vorm een ronde skyf met 'n groot elektriese orgaan weerskante van die kop. Daar is twee dorsale vinne teenwoordig en die stertvin het 'n boonste- en onderste lob. Daar is vyf paar kieusplete onder die kop. Die grootte wissel van 0.6 - 1.8 m. Die familie is oor die algemeen bodembewoners wat tot op dieptes van 457 m aangetref word. Hulle eet onder andere skaaldiere, wurms en pelagiese vis. Die elektriese organe kan 'n skok van tot 220 V lewer wat gebruik word om die prooi tydelik te verlam.

Genus

[wysig | wysig bron]

Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Torpedo

Sien ook

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy