Gaan na inhoud

Noord-Duitsland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Noord-Duitsland

Die term Noord-Duitsland (Duits: Norddeutschland) verwys na 'n gebied in die noorde van die Bondsrepubliek van Duitsland. Die noord-, wes- en oosgrens is Denemarke, Nederland en Pole. Die suidelike binnelandse grens kan op verskillende maniere afgebaken word:

  • Volgens 'n taalkundige definisie sluit Noord-Duitsland alle gebiede in die Noord-Duitse Laagvlakte in waar oorspronkllik Nederduits, in die omgangstaal ook Platduis genoem, gebesig is.
  • Histories en kultureel is Noord-Duitsland aan die Hanseverbond verbind, waarby alle streke in die gebied ook 'n gemeenskaplike mentaliteit deel en deur die nabyheid van die see beïnvloed word.
  • As Noord-Duitse deelstate of Noord-Duitse kusgebiede word diegene Duitse deelstate beskou wat aan die Noord- of Oosseekus geleë is of oor hul eie seehawe beskik. Hierdie definisie sluit die Vrye Hansestad Bremen, Hamburg, Mecklenburg-Voorpommere, Nedersakse (soms sonder Suid-Nedersakse) en Sleeswyk-Holstein in.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy