Gaan na inhoud

Kafue-kuilvissie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kafue-kuilvissie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
N. kafuensis
Binomiale naam
Nothobranchius kafuensis

Die Kafue-kuilvissie (Nothobranchius kafuensis) is 'n varswatervis wat voorkom in panne in die Kafuerivier-vallei in Zambië. In Engels staan die vis bekend as die Kafue killifish.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n stewige lyf met die dorsale vin agter op die lyf, teenoor die anale vin. Beide vinne is omtrent ewe groot. Die stertvin is groot en bolrond. Die mannetjies se skubbe is bleek blou met breë donker rante; die hele vis lyk meer blou as rooi. Die stertvin se kleur wissel; dit is of rooi met ligblou en swart uitwaartse konsentriese bande of die blou bande kom nie voor nie. Die dorsale vin is lig blou met rooi strepe en patrone op. Die wyfie is eenvoudig bruin van kleur met die skubbe en wange wat 'n ligte silweragtige of blou skynsel het. Die vis word tot 60 mm lank.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. D. Tweddle (2007) Nothobranchius kafuensis In: IUBN 2009. IUBN Rooi Lys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2009.2. www.iucnredlist.org Verkry op 24 Februarie 2010.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy