Goue Leeu
Voorkoms
- Hierdie artikel handel oor die Venesiese rolprentprys. Vir ’n artikel oor die Suid-Afrikaanse rugbyspan, sien Goue Leeus.
Goue Leeu
| ||
Oshri Cohen in 2009 met die Goue Leeu. | ||
Toegeken vir | Uitmuntendheid in die rolprentbedryf | |
Borg | Venesiese Rolprentfees | |
Land | Italië | |
Datum | Jaarliks einde Augustus tot begin September | |
Eerste toekenning | 1949 | |
Webtuiste | labiennale.org |
Die Goue Leeu (Italiaans: Leone d'Oro) is die hoogste prys wat op die Venesiese Rolprentfees aan ’n rolprent toegeken kan word.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Dit is in 1949 ingestel en word nou beskou as een van die rolprentbedryf se grootste pryse. In 1970 is ’n tweede Goue Leeu ingestel: ’n eerbewys vir mense wat ’n besonderse bydrae tot die bedryf gemaak het. Die prys verteenwoordig die goue leeu op die vlag van die Venesiese Republiek.[1]
Voorheen was die rolprentfees se hoogste prys die Groot Internasionale Prys van Venesië (Gran Premio Internazionale di Venezia); dit is in 1947 en 1948 toegeken. Voor 1942 was die hoogste prys die Mussolini-beker vir die beste Italiaanse en buitelandse rolprent.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Goue Beer, die hoogste prys wat by die Berlinale toegeken word.
- Palme d'Or, die hoogste prys wat by die Cannes-rolprentfees toegeken word.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Biennale Cinema History of the Venice Film Festival: The Forties and Fifties" (in Engels). La Biennale di Venezia. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2016. Besoek op 28 Mei 2008.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webtuiste: www.labiennale.org
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Goue Leeu.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia