Gaan na inhoud

Filmjölk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Filmjölk met aarbei-smaak in 'n glas

Filmjölk (soms afgekort tot fil) is tans 'n sambreelterm wat veral in Swede en Finland na 'n verskeidenheid soorte kultuur- of dikmelk verwys. Soortgelyke suiwelprodukte word egter ook in ander Noord-Europese lande en selfs in verafgeleë wêrelddele gemaak.[1]

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Die term fil was oorspronklik die afkorting van filbunke - 'n woord wat in Norrland (Noord-Swede) na 'n melkgereg verwys het soos dit ook in baie ander landsdele van Swede genuttig word, maar nie presies dieselfde is nie - alhoewel die meeste Norrlanders tans ook na industrieel vervaardigde filmjölk as fil verwys.

In Sentraal-Swede is na filmjölk vroeër ook as surmjölk verwys. 'n Nou verwante term word daarnaas ook in die omgangstaal van Noorweë gebruik waar dié suiwelproduk amptelik as kulturmelk (Nynorsk kulturmjølk) bekend staan.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. http://www.beneficialcultures.com/screen/product/filmjolk
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy