Gaan na inhoud

Eerste minister

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Louis Botha, die eerste eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.

Die eerste minister is gewoonlik die politieke leier van 'n land en in die meeste gevalle ook die regeringshoof. In monargieë is die staatshoof die koning of 'n derglike leier wat deur oorerwing die pos bekleë, terwyl die eerste minister aan die hoof van die regering staan. Ingevolge die republikeinse regeringsvorm is die staatshoof dikwels 'n president, terwyl die eerste minister die regeringshoof is.

'n Eerste minister moet besluite ingevolge kollektiewe bedinging binne die kabinet neem, hoewel hy of sy ook afsonderlike magte kan besit. In 'n demokrasie is die eerste minister dikwels die leier van die grootste politieke party, maar in gevalle waar 'n koalisie regeer, hoef dit nie noodwendig die geval te wees nie.

Waar 'n president, veral wanneer hy of sy direk deur die kiesers verkies word, gewoonlik op sy persoonlikheid moet staat maak om verkies te word, is 'n eerste minister nie uitgelewer aan die wil van die volk nie en hoef hy nie die gewildste leier te wees nie.

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy