Gaan na inhoud

Pontivy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Luckas-bot (besprekings | bydraes) op 19:33, 20 Mei 2012 (r2.7.1) (robot Bygevoeg: sv:Pontivy)
Die kasteel van die Rohan-gesin

Pontivy (Bretons: Pondi) is 'n stad teen die Blavetrivier in die département Morbihan (Bretagne, Noordwes-Frankryk) met 'n oppervlak van 24,85 vierkante kilometer en 13 508 inwoners (1999). Dit is die onderprefektuur van die gelyknamige arrondissement en die hoofstad van 'n kanton.

Geskiedenis

Pontivy word in die 7de eeu deur die monnik Ivy gestig. Hy laat 'n brug oor die Blavetrivier oprig, wat sy naam aan die stad verleen.

Op 18 Brumaire van die jaar XII van die Franse Rewolusie (9 November 1804) is die naam van Pontivy verander na Napoléonville. Ná die ontmagting van Napoléon Bonaparte kry die stad sy oorspronklike naam terug, wat later nog eens gewysig is na Bourbonville. Onder die heerskappy van Napoléon III vind die tweede naamsverandering na Napoléonville plaas.

Besienswaardighede en kultuur

Die bekendste historiese geboue is die basiliek Notre-Dame-de-Joie en die kasteel van die adellike gesin Rohan, wat teen die einde van die 15de eeu opgerig is. Pontivy tree op as gasheer van die eindronde van Kan ar Bobl ("Sang van die Volk"), 'n jaarlikse Bretonse musiekwedstryd.

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy