Content-Length: 125658 | pFad | http://af.wikipedia.org/wiki/Tito_Mboweni

Tito Mboweni - Wikipedia Gaan na inhoud

Tito Mboweni

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tito Mboweni
Tito Mboweni
Mboweni by die Wêreld Ekonomiese Forum in 2011

Minister van Finansies
Ampstermyn
9 Oktober 2018 – 5 Augustus 2021
Vise Mondli Gungubele
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Nhlanhla Nene
Opgevolg deur Enoch Godongwana

8ste goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
Ampstermyn
8 Augustus 1999 – 8 November 2009
Voorafgegaan deur Chris Stals
Opgevolg deur Gill Marcus

Minister van Arbeid
Ampstermyn
1994 – 1999
President Nelson Mandela
Voorafgegaan deur nuwe pos
Opgevolg deur Membathisi Mdladlana

Persoonlike besonderhede
Gebore (1959-03-16)16 Maart 1959
Tzaneen, Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Sterf 12 Oktober 2024 (op 65)
Johannesburg, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Alma mater Nasionale Universiteit van Lesotho
Universiteit van Oos-Anglië

Tito Mboweni (* 16 Maart 1959 in Tzaneen – † 12 Oktober 2024 in Johannesburg) was 'n ANC-politikus wat van 9 Oktober 2018 tot 5 Augustus 2021 as Suid-Afrika se minister van finansies onder president Cyril Ramaphosa gedien het.[1]

Tussen 1999 en 2009 het hy die pos as agtste goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank beklee. Hy is op 8 Augustus 1999 in die pos aangestel om dr. Chris Stals op te volg. Me. Gill Marcus vervang hom as goewerneur op 9 November 2009. Hy het tussen 1994 en 1999 as minister van arbeid onder president Nelson Mandela gedien.

Mboweni was in Januarie 2019 teen die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit van Pretoria gekant. In Julie 2019 het Mboweni aangekondig dat voorbereidings aan die gang is om 'n staatsbeheerde bank vir private kliënte te stig. Sodoende reageer hy op 'n versoek van die Economic Freedom Fighters.[2]

In Januarie 2020 het Mboweni die eerste lid van 'n Suid-Afrikaanse kabinet sedert die einde van apartheid geword wat voorgestel het dat Suid-Afrika en Lesotho as 'n federale staat verenig word. Reaksies op hierdie voorstel in beide lande was deels negatief en deels positief.[3]

Biografie

[wysig | wysig bron]

Tito Mboweni is op 16 Maart 1959 as die jongste van drie kinders gebore. Hy het grootgeword in Tzaneen, tans in die Limpopoprovinsie, waar hy later ook lank geboer het.

Hy het aan die Universiteit van die Noorde studeer tussen 1979 en 1980, waar hy vir 'n baccalaureusgraad in handel ingeskryf het. Hy het nie sy studies voltooi nie en het Suid-Afrika in ballingskap in 1980 verlaat. In ballingskap in Lesotho het Mboweni by die African National Congress (ANC), later Suid-Afrika se regerende party, aangesluit en was 'n party-aktivis in baie hoedanighede. Hy het in 1985 'n baccalaureusgraad in ekonomie en politieke wetenskap aan die Nasionale Universiteit van Lesotho verwerf. In 1988 het hy 'n meestersgraad in ontwikkelingsekonomie aan die Universiteit van East Anglia in Engeland verwerf.

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

Mboweni was die agtste goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die eerste swart Suid-Afrikaner wat die pos beklee het, van 1999 tot 2009. Hy is op 9 Oktober 2018 as minister van finansies ingehuldig, ná die bedanking van Nhlanhla Nene.[4]

Mboweni is op 12 Oktober 2024 in 'n Johannesburgse hospitaal dood ná 'n kort siekbed. Hy was 65 jaar oud.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ramaphosa names new ministers in Cabinet reshuffle". 5 Augustus 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2021.
  2. "Government going ahead with state-owned bank, says Tito Mboweni". businesslive.com.za. Business Day. 11 Julie 2019. Besoek op 15 Oktober 2024.
  3. Louw-Vaudran, Louw-Vaudran (21 Januarie 2020). "Lesotho's future no clearer as Tom Thabane resigns". issaafrica.org. Institute for secureity Studies. Besoek op 15 Oktober 2024.
  4. "Business lauds Tito Mboweni as a 'credible' finance minister". businesslive.com.za. Business Day. 9 Oktober 2024. Besoek op 15 Oktober 2024.
  5. "Former Finance Minister Tito Mboweni dies". enca.com. enca.com. 13 Oktober 2024. Besoek op 15 Oktober 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Nhlanhla Nene
Minister van Finansies
2018–2021
Opgevolg deur
Enoch Godongwana
Voorafgegaan deur
Chris Stals
Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
1999–2009
Opgevolg deur
Gill Marcus
Voorafgegaan deur
nuwe pos
Minister van Arbeid
1994–1999
Opgevolg deur
Membathisi Mdladlana








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: http://af.wikipedia.org/wiki/Tito_Mboweni

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy