Saarbrücken

Weergawe deur GrouchoBot (besprekings | bydraes) op 13:55, 3 Maart 2013 (r2.7.2) (robot Bygevoeg: gl:Saarbrücken)

Saarbrücken (Luxemburgs: Saarbrécken, Frans: Sarrebruck) is die administratiewe hoofstad en grootste stad van die Duitse deelstaat Saarland.

Saarbrücken

Kaart Wapen
Vlag
 Land Duitsland
 Deelstaat Saarland
 Koördinate 49°14′N 7°0′O / 49.233°N 7.000°O / 49.233; 7.000
 Stigting (eerste verwysing) 999
 Stadstatus 1342
 Oppervlakte:  
 - Totaal 167,07 vk km
 Hoogte bo seevlak 230 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2011) 176 135[1]
 - Bevolkingsdigtheid 1 054/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Charlotte Britz (SPD)
 Amptelike Webwerf saarbruecken.de

Die huidige stad het in 1909 met die samesmelting van drie stede - Saarbrücken, St. Johann en Malstatt-Burbach - ontstaan en is vandag die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die Saarland en setel van 'n universiteit.

Etimologie

Die naam van Saarbrücken het niks te doen met die moderne Nieuhoogduitse woord Brücke ("brug") aangesien die eerste verwysings na die nedersetting en sy kasteel in dokumente voorkom wat 500 jaar voor die oprigting van die eerste brug oor die Saar-rivier (die sogenaamde Alte Brücke of "Ou Brug") ontstaan het. Die oudste oorgelewerde naam Sarabriga is van Keltiese oorsprong - die eerste woorddeel sara beteken "rivier", die tweede (briga) word as "rots, groot steen" vertaal. Waarskynlik het die naam na die groot rots teenoor die Ou Brug verwys waarop die eerste kasteel opgerig is.

Verwysings

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy