Kelte: Verskil tussen weergawes

Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Skakels, baie!
Skakel
Lyn 5:
Die Kelte het handel met hulle buurvolke in die Mediterreense gebiede gedryf, en in Keltiese grafte is selfs voorwerpe ontdek wat uit die Midde-Ooste ingevoer is. Maar alhoewel groot dele van Europa noord van die [[Alpe]] deur Keltiese stamme oorheers is, het hierdie beskawing nooit 'n gemeenskaplike ryk gestig nie - hulle was eerder 'n soort konfederasie van verskillende stamme wat dieselfde taalgroep, godsdiens en kultuur gedeel het. Die Kelte het ook min historiese dokumente agtergelaat. Ons kennis oor die Kelte is aan argeologiese opgrawings en Griekse en Romeinse skrywers te danke.
 
Die Kelte was gevreesde krygers en die beduidendste teenstanders van Rome. Nogtans het hulle verdeeldheid daartoe gelei dat hulle magsgebied geleidelik by die [[Romeinse Ryk]] ingelyf is. Binne 'n enkele dekade het [[Julius Caesar|Gaius Julius Caesar]] se aanval op Gallië 'n einde aan die Keltiese beskawing gemaak. Net in die westelike randgebiede van Europa het Keltiese volke daarin geslaag om hul onafhanklikheid te bewaar.
 
Die kulturele erfenis van die Keltedom sluit buitengewone religieuse en ander kunswerke asook mites en legendes in wat deur latere Keltiese skrywers versamel en neergeskryf is. Nogtans bly die Kelte in baie opsigte 'n raaiselagtige beskawing.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy