Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Frankenstein; or, The Modern Prometheus is 'n roman van 1818 deur die Engelse skrywer Mary Shelley. Frankenstein vertel die verhaal van Victor Frankenstein, 'n jong wetenskaplike wat in 'n onortodokse wetenskaplike eksperiment 'n intelligente wese skep. Shelley het die storie begin skryf toe sy 18 jaar oud was, en die eerste uitgawe is op 1 Januarie 1818, toe sy 20 was, naamloos in Londen gepubliseer. Haar naam verskyn die eerste keer in die tweede uitgawe, wat in 1821 in Parys gepubliseer is. Shelley het in 1815 deur Europa getoer. Sy het met die Ryn in Duitsland langs gereis en Gernsheim besoek, wat 17 km van Frankenstein-kasteel af is. Vroeër het 'n alchemis (Johann Konrad Dippel, 1673-1734) eksperimente daar gedoen. Sy vertrek van daar na Genève, Switserland, waar 'n groot deel van die verhaal afspeel. Chemiese eksperimente en die okkultisme was gespreksonderwerpe van haar medereisigers, onder andere haar toekomstige man, Percy Shelley. In 1816 het Mary, Percy, John Polidori en Lord Byron 'n kompetisie gehou om te kyk wie die beste rillerverhaal kon skryf. Shelley is geïnspireer om Frankenstein te skryf nadat sy haar 'n wetenskaplike voorgestel het wat lewe skep en met afsku vervul is oor wat hy gedoen het. Hoewel Frankenstein vol elemente van die Gotiese roman en die Romantiese beweging is, meen Brian Aldiss dit is die eerste ware wetenskapsfiksieverhaal. Die roman het 'n aansienlike invloed op die letterkunde en op die moderne kultuur gehad; dit het gelei tot 'n hele genre van rillerstories, rolprente en toneelstukke. Sedert die publikasie van die roman word die naam "Frankenstein" dikwels verkeerdelik gebruik om na die monster te verwys, eerder as na die skepper daarvan.
In die nuus
Het u geweet...
... dat Nkosi Sikelel' iAfrika nie net die eerste deel van die Suid-Afrikaanse volkslied is nie maar ook deur ander lande gebruik word? Die lied, wat deur Enoch Sontonga gekomponeer is, is ook die volkslied van Tanzanië en Zambië en word ook in Zimbabwe en Namibië gesing. ... dat die Republiek van Vermont in 1777 die eerste geskrewe grondwet in Noord-Amerika aanvaar het? Dit het in 1791 as Vermont die 14de deelstaat van die VSA geword. ... dat die Franse stad Colmar in Elsas 48 jaar lank 'n Duitse stad was? Dit was van die Pruisies-Franse Oorlog in 1871 tot met die Verdrag van Versailles in 1919. ... Samuel Morse, die uitvinder van die telegraaf, vir burgemeester van New York gestaan het? Hy was egter nie suksesvol nie. ... dat sterrestelsels konstant in beweging is? Sommige stelsels, soos dié in die stelsel Arp 87, raak soms selfs in botsings betrokke.
Vandag in die geskiedenis
Voorbladbeeld
Basreliëf van Achaemenidiese krygers op die suidelike trappe van die paleis van Darius die Grote in Persepolis, nou Iran.
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|